Die oeroue dinge soos kosmaak, koek bak en hekel is nou weer hoogmode. Met
"master chef", Nigela, Jamie Oliver en al die kosmaak kanale op dstv gesels
selfs die manne oor kosmaak. Met al die wondelike moderne skepping wat mense nou
kan hekel, is dit lank al nie meer outydse tydverdryf nie. Vriende loer
nuuskierig na my hekelwerk skeppings en baie stel belang om self na die hekel
pen te gryp. Om iets te kan skep is so terapeties en ek voel baie meer mense kan
gerus van die gratis terapie gebruik maak. Die lekkerte terwyl jy besig is met
'n projek en die satisfaksie om die voltooide produk agterna te bewonder, kan
jy nie oor vertel nie.
So as jy nou kook, bak, brei of tuinmaak, dit
maak nie saak nie solank jy net jouself geniet
Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige kuiers om die vuur, pot of in die kombuis gaan baie keer saam met 'n storie. Hierdie webwef is waar ons die kos en stories saam sit. Sommige is nostalgiese stories van my ouma se tyd, dan is daar ou skeel Jan se liegstories en ander is nuwe hedendaagse se stories. Ons nooi jou die leser vriendelik uit om ook jou stories en spog resepte, familie resepte, ekonomiese resepte met allerdaagse bestandele met ons te deel en saam te gesels.
Monday, November 5, 2012
Laat Middag Tee (HIgh Tea)
"High tea" is besondere en spesiale geleentheid vir menige vroue wat hou van
die fyner dinge in die lewe. Mount Nelson is bekend wereld wyd vir hulle
besondere "high tea", maar my tuin is my ander gunsteling plek vir hierdie laat
middag kuier.
Die beste tyd is in die lente en somer om in my tuin 'n sprokies mooi tafel te dek onder 'n koelte boom.
Ek versier my tafel met blomme, kruie en varings uit my tuin en hang van my tee koppies en teepotte in die boom.
My bak vernuf word beproef in die kombuis en ek maak gewoonlik my ouma se gunsteling sjokolade koek en melktert resep. Ek is nie braaf genoeg om self die koeksisters te maak nie en ek koop dit by 'n bobaas bakker. Die delikate toebroodjies is natuurlik 'n moet en 'n gunsteling by die wat nie 'n soet tand het nie.
My gunsteling is om my tafel te dek, lap servette te
vou en al die vars knipsels uit my tuin as dekor te gebruik saam met my
breekgoed.
Vriende trek aan vir die geleentheid en ons sal soms net vir die lekkerte die pinkies lig. Ons lag en gesels en ek wens ons soms ek kan die lekkerte so bietjie rek.
Die beste tyd is in die lente en somer om in my tuin 'n sprokies mooi tafel te dek onder 'n koelte boom.
Ek versier my tafel met blomme, kruie en varings uit my tuin en hang van my tee koppies en teepotte in die boom.
My bak vernuf word beproef in die kombuis en ek maak gewoonlik my ouma se gunsteling sjokolade koek en melktert resep. Ek is nie braaf genoeg om self die koeksisters te maak nie en ek koop dit by 'n bobaas bakker. Die delikate toebroodjies is natuurlik 'n moet en 'n gunsteling by die wat nie 'n soet tand het nie.

Vriende trek aan vir die geleentheid en ons sal soms net vir die lekkerte die pinkies lig. Ons lag en gesels en ek wens ons soms ek kan die lekkerte so bietjie rek.
My Ouma aan my Ma se kant

My ouma was lief vir die kos potte. Waneer sy nie self gekook het nie, was sy lief om haar opinie vrylik uit te spreek oor my ma se kos. Afval en bron was van haar gunsteling geregte. Ek het erg gegril daarvoor, en vir haar viskoppe met die oe wat nog vir jou loer. Dan is daar nog tong, wat uit 'n bees se mond kom. Noem my maar snobisties, maar oor kos kon ek nie met haar ooreenkom nie. Dan was ek ook bang, dat haar snuif dalk ook in die kos beland, aangesien die blikke snuif altyd naby was.
My ouma was 'n diep mens en het geglo boeke verwoord emosies waarvoor jy nie self woorde het nie. Ek glo dis die rede waarom ek altyd lees waneer ek hartseer of emosioneel is. Haar uitsondelike gesegdes gebruik ek nog vandag en ek dink ek van haar kreatiewe talente het ek geerf.
Friday, September 14, 2012
Ervaar ontbyt in die buitelug
My ouma was al op om ontbyt te maak nog voor die bure se hoenders langs aan gekraai het. Dit is nou defnitief nie my styl nie, veral nie oor naweke nie. Na ek lekker ingeslaap het vat ons die pad na waar hulle lekker plaas ontbyt bedien. Dis my nou nie elke naweeek beskore nie en dan pak ek maar self die taak aan. Een ding is verseker, oor die naweek eet ons lekker ontbyt. Kyk, met alle respek vir dr Johan Kellogg en broer Will se volgraanvlokkies, waneer mens regtig honger is, is daar niks soos 'n plaas ontbyt nie. Die reuk van moer koffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en wors wat braai kan mens se maag so laat grom dat die buurman dit hoor. Gebakte brood en
sonrooi perske konfyt is natuurlik 'n erg bederf uit die boonste rakke.
My man Jens is die spesialis as dit by kamp ontbyt kom. Dan sit ek terug en hy berei die heerlikste liplekker ontbyt voor. Ek maak net seker ek pak my ou koffie kannetjie en lapsakkie wat daar by pas. Moer koffie en 'n stewige ontbyt in die buitelug is soos om 'n klein stukkie hemel te ervaar hier op aarde.
Mampoer
Mampoer
Nou mag jy my dalk vra, wat het die mampoer nou eintlik met kos te doen. Kyk hier, dis mos nou 'n lang proses en terwyl die mampoer prut, moet daar gekook word.
Kultuur is goed soos boeremusiek, koeksisters, kerkbasaar, mrs. Ball se blatjang en mampoer stook en dit is kulturele lekkertes wat vir die nageslag behoue moet bly
Daar is natuurlik 'n paar manne in my familie geskiedenis wat maar net nie mampoer eenkant kon los nie. My oorle oupa se broer se mampoer resep is ongelukkig saam met hom graf toe. In die ou dae moes jy stilletjies-gestoofde mampoer drink. Vandag kan jy vir eie gebruik dit sonder 'n lisensie doen. Jy moet net 'n jaarlikse fooi van R1 per jaar betaal vir jou ketel.
Daar is min dinge wat die skop van dáái mampoer kan gee, maar alles is nie verlore nie. Daar is darem resepte op "ons moderne internet" beskikbaar.
'n Paar feite oor mampoer:
*Dit word deur die Duitsers "Schnapps" genoem
* Die Amerikaners noem die "Moonshine"
* die Switsers noem dit "Kirsch"
Hier volg 'n mampoer resep in 2010 in die Burger gepubliseer is. Dit is presies gekopieer soos in die Burger se artikel.
Die gilde glo daaraan om mampoer slegs een keer te stook, maar Leon verkies om dit twee keer deur die proses te laat gaan. Hy vertel dat hoewel die alkoholvlak hoër is as dit twee keer gestook word, is die alkohol suiwerder.
En ek stem volkome saam, want hoekom wil mens ’n sopie mampoer neem as dit laag in alkohol is?
So begin ek, Leon en Gert Griessel een Saterdagoggend te stook. Die sap word in Leon se antieke ketel gegooi, wat hy letterlik van ’n ashoop af gered het.
Die gasbrander word aangesteek, en vir die eerste stook word die temperatuur tot op 95?°C gebring. Eers kom die voorloop uit, wat allerhande onsuiwerheid bevat, maar as die vloeistof sulke helder pêreltjies begin vorm met die uitloop, dan is dit die ware Jakob.
Hierna word die eerste stook teruggegooi in die ketel en die hitte word na 78?°C afgebring. En so vind die tweede stook plaas.
Vir diegene wat nie weet hoe die alkohol vorm nie: Dit eintlik so ’n merkwaardige eenvoudige proses. Met die verhitting van die gegiste vrugte-vloeistof verander die suiker in alkohol, in die vorm van stoom.
Dit styg op na die koepel van die ketel, kondenseer en loop dan by die tuit van die ketel af, deur nog ’n pyp wat verkoel is, en onder loop die finale produk uit.
Maar, waarsku Leon, dit is uiters noodsaaklik om die temperatuur dop te hou. As hy te hoog kook, dan vorm metanol, wat nie baie goed vir ’n mens is nie.
In die ou dae het mense glo sommer blind geword van mampoer drink met te hoë vlakke hiervan.

Makietie en ribbetjie wat sing oor die kole
Toe tante Kittie nou die dag
80 word gee haar seun vir haar 'n lekker boere opskop in die skuur van sy plaas.
Daar was behoorlik gekuier en dis was nou 'n makietie wat nog lank onthou sal
word.
Al die vrinne en familie was genooi.
Ribbetjies het op die kole gesing en brode wat mense se monde laat water was warm bedien. 'n Boeremusiek orkes was daar om almal plesierig te hou. Oom Koot op die trekklavier en ou Pieta wat die kitaar se snare slaan was die gewildste van die orkes lede. Mense, toe oom Koot wegtrek met 'n vastrap op sy konsertina moes almal vastrap om staande te bly. Party manne het selfs 'n bietjie skeef getrap van die mampoer wat so vrylik gevloei het.
Ou Jaap van die plaas langs aan het 'n goeie aanhang gehad met sy stories. Meeste van dit skinderstories van ander se privaat aangeleenthede. Baie van sy stories liegstories as jy my vra of half ware stories wat lang draaie en kinkels by kry. Nietemin, hy het 'n aanhang gehad. Tante Kittie wat ook geluister het val toe vir ou Jaap in die rede en se: Jaap, jy lieg nou so lekker, daai bek moet jam kry.
Die aand was so gesellig. Ons het baie lekker geeeet, gedans en gekuier. Van ons het nou wel ons ore uitgeleen vir ene Oom Jaap se stories, maar 'n sukselvolle 8o ste verjaardag was dit verseker.
Tannie Kittie se seun het afgekondig dat op sy ma 85 ste maak ons weer so. Tot dan...... groete.
---------------------------------------------------------
So van ribbetjies gepraat, ons vriend Kurt (ook genoem Koert) reken die ribbetjies het 'n minimum braai tyd van 6 ure nodig vir perfeksie. Dit klink darem vir my na 'n wolhaar storie, en dink net die manne het net voldoende tyd nodig vir die keel ordentlik nat maak.

Sunday, August 26, 2012
Verlore Resepte
Ek het nooit regtig my ouma Koen van Nelspruit, aan my pa se kant goed geken
nie. Vae herinnerinninge van 'n brose klein vroutjie in 'n wit hospitaal bed met
kaal hospitaal mure flits deur my gedagtes.. Dan onthou ek haar trane wat
weerloos teen haar wange af rol, toe sy ons groet en my hande vashou. Op die
ouderdom van sewe was dit my eerste ondervinding met hartseer en 'n sterwende
persoon aan my sy. My ouma was op die ryk ouderdom van 83 gereed om na haar
ewige tuiste te verhuis, maar het uitstel gevra by God sodat sy ons nog een keer
kon sien en kon vaarwel se. Ons het op die trein geklim vir ons terugreis, toe
daar 'n dringende afkondiging is dat ons die trein moet verlaat. My ouma is dood
en ons het gebly vir die begrafnis.
By die begrafnis was daar baie mense en dit was intens en smartvol. Ek onthou rou smart krete, trane wat soos hewige reen van mense se wange afgerol het. Sy was geliefd en selfs die personeel by die outehuis het geween. My pa was verpletter.
My erfporsie was 'n outydse bruin tas vol skatte wat betekenloos was vir my op daardie stadium van my lewe.
Die tas was gevul met 'n stel fyn porselein koppies, 'n fyn gehekelde tafeldoek, borduurwerk en handgeskrewe resepte. Daar was ook 'n antieke aandrok, blink aanklip oorbelle en vele vroue vereneging bors spelde.
Baie van my skatte het verlore gegaan deur die jare, eerstens omdat ek nie as tiener waarde geheg het daaraan nie en ook met die menige verhuisings na my ouers se egskeiding het van dit verdwyn.
Met hartseer dink ek nou
daaraan dat sy haar allerbeste besittings gelos het vir haar enigste
kleindogter. Wat ek nie vandag sal doen om dit te kan terug kry nie.
By die begrafnis was daar baie mense en dit was intens en smartvol. Ek onthou rou smart krete, trane wat soos hewige reen van mense se wange afgerol het. Sy was geliefd en selfs die personeel by die outehuis het geween. My pa was verpletter.
My erfporsie was 'n outydse bruin tas vol skatte wat betekenloos was vir my op daardie stadium van my lewe.
Die tas was gevul met 'n stel fyn porselein koppies, 'n fyn gehekelde tafeldoek, borduurwerk en handgeskrewe resepte. Daar was ook 'n antieke aandrok, blink aanklip oorbelle en vele vroue vereneging bors spelde.
Baie van my skatte het verlore gegaan deur die jare, eerstens omdat ek nie as tiener waarde geheg het daaraan nie en ook met die menige verhuisings na my ouers se egskeiding het van dit verdwyn.
Lekker Outydse Melktert
Wat is nou meer tipies Suid-Afrikaans as melktert. Melktert is baie te sien op
die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel, maar om
een self te bak is net die beste. Wie kan nou nee sê vir dié liplek-lekkerte
van 'n melktert wat nou net uit die oond kom. Niks fout met outydse melktert
nie, maar so nou en dan kan mens ook een van die nuwerwetse variasie probeer.
Ek is seker almal se mond water al, so hier volg 'n paar
resepte.
Hierdie resepte is nie een familie geheime nie, maar mense s'n wat bereid was om hulle resepte te deel
Heerlike outydse melktert Resep 1
Kors:
1 Koppie meel
1 teelepel bakpoeier
bietjie neut of lemoenolie
sout
1 eier
¼ koppie botter/margarine
bietjie melk
¼ koppie suiker
Maak aan tot n slapperige deeg. Druk vas in n glasbak en bak vir 15min by 180°C of totdat deeg effens
verbruin. Moet nie te lank bak nie anders word kors hard. Haal uit oond en gooi vulsel in kors terwyl die
kors nog warm is.
Vulsel:
Kook 4 ½ koppies melk
Meng 3 eiergele (eiergeel en wit geskei) en ¾ koppie suiker baie goed
Voeg 2 ½ desertlepel opgehoopte meel en 2 ½ desertlepel opgehoopte maizena by.
Voeg 3 eetlepels botter/margarine by
Klits die mengsel baie goed
Voeg bogenoemde mengsel by gekookte melk. Roer die mengsel terwyl dit kook totdat dit verdik.
Haal van stoof af en gooi geklitste eierwit by. Roer goed totdat die geklitste eierwit goed gemeng is
met mengsel. Gooi die vulsel in reeds gebakte kors.
Gooi kaneel oor en laat staan die melktert by kamertemperatuur.
-------------------------------------------------------
Outydse Melktert Bestandele Resep 2
450g koekmeel
5ml kremetart
450g botter - yskoud en in klein blokkies gesny
1 eiergeel
250ml yswater
3 ml sout
250ml room
250ml melk
1 stokkie kaneel
2 groot eiers (geskei)
80ml strooisuiker
80ml Meelblom
2 ml (1/2t) bakpoeier
25g botter
Aanwysigings
NOTA: Vir die deeg moet al die bestandele so koud as moontlik wees
Deeg:
Plaas die meel, suiker, sout en botter in 'n mengbak. Gebruik 'n vurk of
2 messe en sny vinnig die bestandele tot dat dit soos growwe brood
krummels lyk. Meng die eiergeel en water en gooi in 'n hlte in die droee
bestandele. Werk met 'n vurk die eiergeel mengsel deur en dan liggies met
die vingers om 'n bal te vorm.
Druk effens plat en sit in die yskas terwyl vulsel berei word.
Die deeg moet koel genoeg wees om uit te rol en in 'n gesmeerde tert bak
van 23 -n 25cm te plaas. Pruk die bodem met a vurk en bak blind vir 10
tot 15 minute. Laat afkoel voor vulsel ingeskep word.
Vulsel:
Verhit effens die room, helfte van die melk saam met stokkie kaneel in 'n
kastrol. Meng apart saam die res van die melk, die eiergele, meelblom,
strooisuiker en bakpoeier. Voeg stadig die warm room in the meel mengsel,
meng goed. Plaas weer in die kastrol en verhit, roer totdat die vlae
mengsel verdik. Haal van hitte af en laat effens afkoel, voeg by die
botter en vanilia essens. Klop die eierwitte tot skuimerig. Voeg die
sout by en vou gelydelik in die vlae mengsel in. Skep die mengsel in die
tert dop en bak teen 180c vir tien minute. Verminder na 160c en bak vir
verdere 20min tot gaar. bestrooi met fyn kaneel. Bedien warm
----------------------------------------------------
Outydse melktert Resep 3
Bestanddle Kors
500ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
Knippie sout
125ml margarien
45ml kookolie
125ml suiker
1 groot eier
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, en sout saam. Room die margarien, olie en suiker saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot ‘n deeg. Druk deeg in ‘n tertbak bodem met ‘n volume van 2 liter en bak tot gaar.
Bestanddele Melktertvulsel
750ml Melk
37,5ml margarien
30ml koekmeelblom
15ml mielieblom
Knippie sout
62,5ml suiker
2 eiers geskei
2,5ml. vanielje
Metode
Kook die melk en plaas die margarien
daarin. Neem ‘n bietjie koue melk en maak die meel en mielieblom daarmee aan.
Roer die suiker, sout en die eiergele by die meelmengsel. Voeg die kokende melk
geleidelik by die meel en eiermengsel, en roer goed. Plaas op lae hitte en kook
vir 2 min. terwyl deurentyd geroer word. Verwyder van hitte en voeg vanielje by.
Laat 5 min. afkoel en vou dan die styfgeklitste eierwitte by in. Gooi in gebakte
kors en sprinkel kaneel oor.
Hierdie resepte is nie een familie geheime nie, maar mense s'n wat bereid was om hulle resepte te deel
Heerlike outydse melktert Resep 1
Kors:
1 Koppie meel
1 teelepel bakpoeier
bietjie neut of lemoenolie
sout
1 eier
¼ koppie botter/margarine
bietjie melk
¼ koppie suiker
Maak aan tot n slapperige deeg. Druk vas in n glasbak en bak vir 15min by 180°C of totdat deeg effens
verbruin. Moet nie te lank bak nie anders word kors hard. Haal uit oond en gooi vulsel in kors terwyl die
kors nog warm is.
Vulsel:
Kook 4 ½ koppies melk
Meng 3 eiergele (eiergeel en wit geskei) en ¾ koppie suiker baie goed
Voeg 2 ½ desertlepel opgehoopte meel en 2 ½ desertlepel opgehoopte maizena by.
Voeg 3 eetlepels botter/margarine by
Klits die mengsel baie goed
Voeg bogenoemde mengsel by gekookte melk. Roer die mengsel terwyl dit kook totdat dit verdik.
Haal van stoof af en gooi geklitste eierwit by. Roer goed totdat die geklitste eierwit goed gemeng is
met mengsel. Gooi die vulsel in reeds gebakte kors.
Gooi kaneel oor en laat staan die melktert by kamertemperatuur.
-------------------------------------------------------
Outydse Melktert Bestandele Resep 2
450g koekmeel
5ml kremetart
450g botter - yskoud en in klein blokkies gesny
1 eiergeel
250ml yswater
3 ml sout
250ml room
250ml melk
1 stokkie kaneel
2 groot eiers (geskei)
80ml strooisuiker
80ml Meelblom
2 ml (1/2t) bakpoeier
25g botter
Aanwysigings
NOTA: Vir die deeg moet al die bestandele so koud as moontlik wees
Deeg:
Plaas die meel, suiker, sout en botter in 'n mengbak. Gebruik 'n vurk of
2 messe en sny vinnig die bestandele tot dat dit soos growwe brood
krummels lyk. Meng die eiergeel en water en gooi in 'n hlte in die droee
bestandele. Werk met 'n vurk die eiergeel mengsel deur en dan liggies met
die vingers om 'n bal te vorm.
Druk effens plat en sit in die yskas terwyl vulsel berei word.
Die deeg moet koel genoeg wees om uit te rol en in 'n gesmeerde tert bak
van 23 -n 25cm te plaas. Pruk die bodem met a vurk en bak blind vir 10
tot 15 minute. Laat afkoel voor vulsel ingeskep word.
Vulsel:
Verhit effens die room, helfte van die melk saam met stokkie kaneel in 'n
kastrol. Meng apart saam die res van die melk, die eiergele, meelblom,
strooisuiker en bakpoeier. Voeg stadig die warm room in the meel mengsel,
meng goed. Plaas weer in die kastrol en verhit, roer totdat die vlae
mengsel verdik. Haal van hitte af en laat effens afkoel, voeg by die
botter en vanilia essens. Klop die eierwitte tot skuimerig. Voeg die
sout by en vou gelydelik in die vlae mengsel in. Skep die mengsel in die
tert dop en bak teen 180c vir tien minute. Verminder na 160c en bak vir
verdere 20min tot gaar. bestrooi met fyn kaneel. Bedien warm
----------------------------------------------------
Outydse melktert Resep 3
Bestanddle Kors
500ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
Knippie sout
125ml margarien
45ml kookolie
125ml suiker
1 groot eier
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, en sout saam. Room die margarien, olie en suiker saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot ‘n deeg. Druk deeg in ‘n tertbak bodem met ‘n volume van 2 liter en bak tot gaar.
Bestanddele Melktertvulsel
750ml Melk
37,5ml margarien
30ml koekmeelblom
15ml mielieblom
Knippie sout
62,5ml suiker
2 eiers geskei
2,5ml. vanielje
Metode
Subscribe to:
Posts (Atom)