Mampoer
Nou mag jy my dalk vra, wat het die mampoer nou eintlik met kos
te doen. Kyk hier, dis mos nou 'n lang proses en terwyl die mampoer prut, moet
daar gekook word.
Kultuur is goed soos boeremusiek, koeksisters,
kerkbasaar, mrs. Ball se blatjang en mampoer stook en dit is kulturele lekkertes
wat vir die nageslag behoue moet bly
Daar is natuurlik 'n paar manne in
my familie geskiedenis wat maar net nie mampoer eenkant kon los nie. My oorle
oupa se broer se mampoer resep is ongelukkig saam met hom graf toe. In die ou
dae moes jy stilletjies-gestoofde mampoer drink. Vandag kan jy vir eie gebruik
dit sonder 'n lisensie doen. Jy moet net 'n jaarlikse fooi van R1 per jaar
betaal vir jou ketel.
Daar is min dinge wat die skop van dáái mampoer kan
gee, maar alles is nie verlore nie. Daar is darem resepte op "ons moderne
internet" beskikbaar.
'n Paar feite oor mampoer:
*Dit word deur die
Duitsers "Schnapps" genoem
* Die Amerikaners noem die "Moonshine"
*
die Switsers noem dit "Kirsch"
Hier volg 'n mampoer resep in 2010 in die
Burger gepubliseer is. Dit is presies gekopieer soos in die Burger se
artikel.
Die gilde glo daaraan om mampoer slegs een keer te stook, maar
Leon verkies om dit twee keer deur die proses te laat gaan. Hy vertel dat hoewel
die alkoholvlak hoër is as dit twee keer gestook word, is die alkohol suiwerder.
En ek stem volkome saam, want hoekom wil mens ’n sopie mampoer neem as
dit laag in alkohol is?
So begin ek, Leon en Gert Griessel een
Saterdagoggend te stook. Die sap word in Leon se antieke ketel gegooi, wat hy
letterlik van ’n ashoop af gered het.
Die gasbrander word aangesteek, en
vir die eerste stook word die temperatuur tot op 95?°C gebring. Eers kom die
voorloop uit, wat allerhande onsuiwerheid bevat, maar as die vloeistof sulke
helder pêreltjies begin vorm met die uitloop, dan is dit die ware
Jakob.
Hierna word die eerste stook teruggegooi in die ketel en die hitte
word na 78?°C afgebring. En so vind die tweede stook plaas.
Vir diegene
wat nie weet hoe die alkohol vorm nie: Dit eintlik so ’n merkwaardige eenvoudige
proses. Met die verhitting van die gegiste vrugte-vloeistof verander die suiker
in alkohol, in die vorm van stoom.
Dit styg op na die koepel van die
ketel, kondenseer en loop dan by die tuit van die ketel af, deur nog ’n pyp wat
verkoel is, en onder loop die finale produk uit.
Maar, waarsku Leon, dit
is uiters noodsaaklik om die temperatuur dop te hou. As hy te hoog kook, dan
vorm metanol, wat nie baie goed vir ’n mens is nie.
In die ou dae het
mense glo sommer blind geword van mampoer drink met te hoë vlakke hiervan.
No comments:
Post a Comment