Friday, September 14, 2012

Makietie en ribbetjie wat sing oor die kole

Toe tante Kittie nou die dag 80 word gee haar seun vir haar 'n lekker boere opskop in die skuur van sy plaas. Daar was behoorlik gekuier en dis was nou 'n makietie wat nog lank onthou sal word.

Al die vrinne en familie was genooi.
Ribbetjies het op die kole gesing en brode wat mense se monde laat water was warm bedien. 'n Boeremusiek orkes was daar om almal plesierig te hou. Oom Koot op die trekklavier en ou Pieta wat die kitaar se snare slaan was die gewildste van die orkes lede. Mense, toe oom Koot wegtrek met 'n vastrap op sy konsertina moes almal vastrap om staande te bly. Party manne het selfs 'n bietjie skeef getrap van die mampoer wat so vrylik gevloei het.

Ou Jaap van die plaas langs aan het 'n goeie aanhang gehad met sy stories. Meeste van dit skinderstories van ander se privaat aangeleenthede. Baie van sy stories liegstories as jy my vra of half ware stories wat lang draaie en kinkels by kry. Nietemin, hy het 'n aanhang gehad. Tante Kittie wat ook geluister het val toe vir ou Jaap in die rede en se: Jaap, jy lieg nou so lekker, daai bek moet jam kry.

Die aand was so gesellig. Ons het baie lekker geeeet, gedans en gekuier. Van ons het nou wel ons ore uitgeleen vir ene Oom Jaap se stories, maar 'n sukselvolle 8o ste verjaardag was dit verseker.

Tannie Kittie se seun het afgekondig dat op sy ma 85 ste maak ons weer so. Tot dan...... groete.

---------------------------------------------------------

So van ribbetjies gepraat, ons vriend Kurt (ook genoem Koert) reken die ribbetjies het 'n minimum braai tyd van 6 ure nodig vir perfeksie. Dit klink darem vir my na 'n wolhaar storie, en dink net die manne het net voldoende tyd nodig vir die keel ordentlik nat maak.

No comments:

Post a Comment