Monday, November 5, 2012

Laat Middag Tee (HIgh Tea)

"High tea" is besondere en spesiale geleentheid vir menige vroue wat hou van die fyner dinge in die lewe. Mount Nelson is bekend wereld wyd vir hulle besondere "high tea", maar my tuin is my ander gunsteling plek vir hierdie laat middag kuier.

Die beste tyd is in die lente en somer om in my tuin 'n sprokies mooi tafel te dek onder 'n koelte boom.
Ek versier my tafel met blomme, kruie en varings uit my tuin en hang van my tee koppies en teepotte in die boom.

My bak vernuf word beproef in die kombuis en ek maak gewoonlik my ouma se gunsteling sjokolade koek en melktert resep. Ek is nie braaf genoeg om self die koeksisters te maak nie en ek koop dit by 'n bobaas bakker. Die delikate toebroodjies is natuurlik 'n moet en 'n gunsteling by die wat nie 'n soet tand het nie.

My gunsteling is om my tafel te dek, lap servette te vou en al die vars knipsels uit my tuin as dekor te gebruik saam met my breekgoed.

Vriende trek aan vir die geleentheid en ons sal soms net vir die lekkerte die pinkies lig. Ons lag en gesels en ek wens ons soms ek kan die lekkerte so bietjie rek.

No comments:

Post a Comment