Sunday, August 26, 2012

Lekker Outydse Melktert

Wat is nou meer tipies Suid-Afrikaans as melktert. Melktert is baie te sien op die tafels van basaars en is beskikbaar in elke tuis nywerheid winkel, maar om een self te bak is net die beste. Wie kan nou nee sê vir dié liplek-lekkerte van 'n melktert wat nou net uit die oond kom. Niks fout met outydse melktert nie, maar so nou en dan kan mens ook een van die nuwerwetse variasie probeer. Ek is seker almal se mond water al, so hier volg 'n paar resepte.

Hierdie resepte is nie een familie geheime nie, maar mense s'n wat bereid was om hulle resepte te deel

Heerlike outydse melktert  Resep 1

Kors:

1 Koppie meel
1 teelepel bakpoeier
bietjie neut of lemoenolie
sout
1 eier
¼ koppie botter/margarine
bietjie melk
¼ koppie suiker

Maak aan tot n slapperige deeg. Druk vas in n glasbak en bak vir 15min by 180°C of totdat deeg effens
verbruin. Moet nie te lank bak nie anders word kors hard. Haal uit oond en gooi vulsel in kors terwyl die
kors nog warm is.

Vulsel:

Kook 4 ½ koppies melk
Meng 3 eiergele (eiergeel en wit geskei) en ¾ koppie suiker baie goed
Voeg 2 ½ desertlepel opgehoopte meel en 2 ½ desertlepel opgehoopte maizena by.
Voeg 3 eetlepels botter/margarine by
Klits die mengsel baie goed
Voeg bogenoemde mengsel by gekookte melk. Roer die mengsel terwyl dit kook totdat dit verdik.
Haal van stoof af en gooi geklitste eierwit by. Roer goed totdat die geklitste eierwit goed gemeng is
met mengsel. Gooi die vulsel in reeds gebakte kors.
Gooi kaneel oor en laat staan die melktert by kamertemperatuur.

-------------------------------------------------------
Outydse Melktert Bestandele Resep 2

450g koekmeel
5ml kremetart
450g botter - yskoud en in klein blokkies gesny
1 eiergeel
250ml yswater
3 ml sout
250ml room
250ml melk
1 stokkie kaneel
2 groot eiers (geskei)
80ml strooisuiker
80ml Meelblom
2 ml (1/2t) bakpoeier
25g botter

Aanwysigings
NOTA: Vir die deeg moet al die bestandele so koud as moontlik wees

Deeg:

Plaas die meel, suiker, sout en botter in 'n mengbak. Gebruik 'n vurk of
2 messe en sny vinnig die bestandele tot dat dit soos growwe brood
krummels lyk. Meng die eiergeel en water en gooi in 'n hlte in die droee
bestandele. Werk met 'n vurk die eiergeel mengsel deur en dan liggies met
die vingers om 'n bal te vorm.

Druk effens plat en sit in die yskas terwyl vulsel berei word.

Die deeg moet koel genoeg wees om uit te rol en in 'n gesmeerde tert bak
van 23 -n 25cm te plaas. Pruk die bodem met a vurk en bak blind vir 10
tot 15 minute. Laat afkoel voor vulsel ingeskep word.

Vulsel:

Verhit effens die room, helfte van die melk saam met stokkie kaneel in 'n
kastrol. Meng apart saam die res van die melk, die eiergele, meelblom,
strooisuiker en bakpoeier. Voeg stadig die warm room in the meel mengsel,
meng goed. Plaas weer in die kastrol en verhit, roer totdat die vlae
mengsel verdik. Haal van hitte af en laat effens afkoel, voeg by die
botter en vanilia essens. Klop die eierwitte tot skuimerig. Voeg die
sout by en vou gelydelik in die vlae mengsel in. Skep die mengsel in die
tert dop en bak teen 180c vir tien minute. Verminder na 160c en bak vir
verdere 20min tot gaar. bestrooi met fyn kaneel. Bedien warm
----------------------------------------------------

Outydse melktert Resep 3

Bestanddle Kors

500ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
Knippie sout
125ml margarien
45ml kookolie
125ml suiker
1 groot eier

Metode

Voorverhit die oond tot 180°C. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, en sout saam. Room die margarien, olie en suiker saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot ‘n deeg. Druk deeg in ‘n tertbak bodem met ‘n volume van 2 liter en bak tot gaar.

Bestanddele Melktertvulsel

750ml Melk
37,5ml margarien
30ml koekmeelblom
15ml mielieblom
Knippie sout
62,5ml suiker
2 eiers geskei
2,5ml. vanielje

Metode

Kook die melk en plaas die margarien daarin. Neem ‘n bietjie koue melk en maak die meel en mielieblom daarmee aan. Roer die suiker, sout en die eiergele by die meelmengsel. Voeg die kokende melk geleidelik by die meel en eiermengsel, en roer goed. Plaas op lae hitte en kook vir 2 min. terwyl deurentyd geroer word. Verwyder van hitte en voeg vanielje by. Laat 5 min. afkoel en vou dan die styfgeklitste eierwitte by in. Gooi in gebakte kors en sprinkel kaneel oor.

1 comment:

  1. Resep 2 - waarvoor is die kremetart? En hoeveel suiker kom by die kors?

    ReplyDelete