Die oeroue dinge soos kosmaak, koek bak en hekel is nou weer hoogmode. Met
"master chef", Nigela, Jamie Oliver en al die kosmaak kanale op dstv gesels
selfs die manne oor kosmaak. Met al die wondelike moderne skepping wat mense nou
kan hekel, is dit lank al nie meer outydse tydverdryf nie. Vriende loer
nuuskierig na my hekelwerk skeppings en baie stel belang om self na die hekel
pen te gryp. Om iets te kan skep is so terapeties en ek voel baie meer mense kan
gerus van die gratis terapie gebruik maak. Die lekkerte terwyl jy besig is met
'n projek en die satisfaksie om die voltooide produk agterna te bewonder, kan
jy nie oor vertel nie.
So as jy nou kook, bak, brei of tuinmaak, dit
maak nie saak nie solank jy net jouself geniet
Kombuis Stories
Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige kuiers om die vuur, pot of in die kombuis gaan baie keer saam met 'n storie. Hierdie webwef is waar ons die kos en stories saam sit. Sommige is nostalgiese stories van my ouma se tyd, dan is daar ou skeel Jan se liegstories en ander is nuwe hedendaagse se stories. Ons nooi jou die leser vriendelik uit om ook jou stories en spog resepte, familie resepte, ekonomiese resepte met allerdaagse bestandele met ons te deel en saam te gesels.
Monday, November 5, 2012
Laat Middag Tee (HIgh Tea)
"High tea" is besondere en spesiale geleentheid vir menige vroue wat hou van
die fyner dinge in die lewe. Mount Nelson is bekend wereld wyd vir hulle
besondere "high tea", maar my tuin is my ander gunsteling plek vir hierdie laat
middag kuier.
Die beste tyd is in die lente en somer om in my tuin 'n sprokies mooi tafel te dek onder 'n koelte boom.
Ek versier my tafel met blomme, kruie en varings uit my tuin en hang van my tee koppies en teepotte in die boom.
My bak vernuf word beproef in die kombuis en ek maak gewoonlik my ouma se gunsteling sjokolade koek en melktert resep. Ek is nie braaf genoeg om self die koeksisters te maak nie en ek koop dit by 'n bobaas bakker. Die delikate toebroodjies is natuurlik 'n moet en 'n gunsteling by die wat nie 'n soet tand het nie.
My gunsteling is om my tafel te dek, lap servette te
vou en al die vars knipsels uit my tuin as dekor te gebruik saam met my
breekgoed.
Vriende trek aan vir die geleentheid en ons sal soms net vir die lekkerte die pinkies lig. Ons lag en gesels en ek wens ons soms ek kan die lekkerte so bietjie rek.
Die beste tyd is in die lente en somer om in my tuin 'n sprokies mooi tafel te dek onder 'n koelte boom.
Ek versier my tafel met blomme, kruie en varings uit my tuin en hang van my tee koppies en teepotte in die boom.
My bak vernuf word beproef in die kombuis en ek maak gewoonlik my ouma se gunsteling sjokolade koek en melktert resep. Ek is nie braaf genoeg om self die koeksisters te maak nie en ek koop dit by 'n bobaas bakker. Die delikate toebroodjies is natuurlik 'n moet en 'n gunsteling by die wat nie 'n soet tand het nie.

Vriende trek aan vir die geleentheid en ons sal soms net vir die lekkerte die pinkies lig. Ons lag en gesels en ek wens ons soms ek kan die lekkerte so bietjie rek.
My Ouma aan my Ma se kant

My ouma was lief vir die kos potte. Waneer sy nie self gekook het nie, was sy lief om haar opinie vrylik uit te spreek oor my ma se kos. Afval en bron was van haar gunsteling geregte. Ek het erg gegril daarvoor, en vir haar viskoppe met die oe wat nog vir jou loer. Dan is daar nog tong, wat uit 'n bees se mond kom. Noem my maar snobisties, maar oor kos kon ek nie met haar ooreenkom nie. Dan was ek ook bang, dat haar snuif dalk ook in die kos beland, aangesien die blikke snuif altyd naby was.
My ouma was 'n diep mens en het geglo boeke verwoord emosies waarvoor jy nie self woorde het nie. Ek glo dis die rede waarom ek altyd lees waneer ek hartseer of emosioneel is. Haar uitsondelike gesegdes gebruik ek nog vandag en ek dink ek van haar kreatiewe talente het ek geerf.
Friday, September 14, 2012
Ervaar ontbyt in die buitelug
My ouma was al op om ontbyt te maak nog voor die bure se hoenders langs aan gekraai het. Dit is nou defnitief nie my styl nie, veral nie oor naweke nie. Na ek lekker ingeslaap het vat ons die pad na waar hulle lekker plaas ontbyt bedien. Dis my nou nie elke naweeek beskore nie en dan pak ek maar self die taak aan. Een ding is verseker, oor die naweek eet ons lekker ontbyt. Kyk, met alle respek vir dr Johan Kellogg en broer Will se volgraanvlokkies, waneer mens regtig honger is, is daar niks soos 'n plaas ontbyt nie. Die reuk van moer koffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en wors wat braai kan mens se maag so laat grom dat die buurman dit hoor. Gebakte brood en
sonrooi perske konfyt is natuurlik 'n erg bederf uit die boonste rakke.
My man Jens is die spesialis as dit by kamp ontbyt kom. Dan sit ek terug en hy berei die heerlikste liplekker ontbyt voor. Ek maak net seker ek pak my ou koffie kannetjie en lapsakkie wat daar by pas. Moer koffie en 'n stewige ontbyt in die buitelug is soos om 'n klein stukkie hemel te ervaar hier op aarde.
Mampoer
Mampoer
Nou mag jy my dalk vra, wat het die mampoer nou eintlik met kos te doen. Kyk hier, dis mos nou 'n lang proses en terwyl die mampoer prut, moet daar gekook word.
Kultuur is goed soos boeremusiek, koeksisters, kerkbasaar, mrs. Ball se blatjang en mampoer stook en dit is kulturele lekkertes wat vir die nageslag behoue moet bly
Daar is natuurlik 'n paar manne in my familie geskiedenis wat maar net nie mampoer eenkant kon los nie. My oorle oupa se broer se mampoer resep is ongelukkig saam met hom graf toe. In die ou dae moes jy stilletjies-gestoofde mampoer drink. Vandag kan jy vir eie gebruik dit sonder 'n lisensie doen. Jy moet net 'n jaarlikse fooi van R1 per jaar betaal vir jou ketel.
Daar is min dinge wat die skop van dáái mampoer kan gee, maar alles is nie verlore nie. Daar is darem resepte op "ons moderne internet" beskikbaar.
'n Paar feite oor mampoer:
*Dit word deur die Duitsers "Schnapps" genoem
* Die Amerikaners noem die "Moonshine"
* die Switsers noem dit "Kirsch"
Hier volg 'n mampoer resep in 2010 in die Burger gepubliseer is. Dit is presies gekopieer soos in die Burger se artikel.
Die gilde glo daaraan om mampoer slegs een keer te stook, maar Leon verkies om dit twee keer deur die proses te laat gaan. Hy vertel dat hoewel die alkoholvlak hoër is as dit twee keer gestook word, is die alkohol suiwerder.
En ek stem volkome saam, want hoekom wil mens ’n sopie mampoer neem as dit laag in alkohol is?
So begin ek, Leon en Gert Griessel een Saterdagoggend te stook. Die sap word in Leon se antieke ketel gegooi, wat hy letterlik van ’n ashoop af gered het.
Die gasbrander word aangesteek, en vir die eerste stook word die temperatuur tot op 95?°C gebring. Eers kom die voorloop uit, wat allerhande onsuiwerheid bevat, maar as die vloeistof sulke helder pêreltjies begin vorm met die uitloop, dan is dit die ware Jakob.
Hierna word die eerste stook teruggegooi in die ketel en die hitte word na 78?°C afgebring. En so vind die tweede stook plaas.
Vir diegene wat nie weet hoe die alkohol vorm nie: Dit eintlik so ’n merkwaardige eenvoudige proses. Met die verhitting van die gegiste vrugte-vloeistof verander die suiker in alkohol, in die vorm van stoom.
Dit styg op na die koepel van die ketel, kondenseer en loop dan by die tuit van die ketel af, deur nog ’n pyp wat verkoel is, en onder loop die finale produk uit.
Maar, waarsku Leon, dit is uiters noodsaaklik om die temperatuur dop te hou. As hy te hoog kook, dan vorm metanol, wat nie baie goed vir ’n mens is nie.
In die ou dae het mense glo sommer blind geword van mampoer drink met te hoë vlakke hiervan.

Subscribe to:
Posts (Atom)