Monday, November 5, 2012

Kook Brei Tuinmaak of Hekel

Die oeroue dinge soos kosmaak, koek bak en hekel is nou weer hoogmode. Met "master chef", Nigela, Jamie Oliver en al die kosmaak kanale op dstv gesels selfs die manne oor kosmaak. Met al die wondelike moderne skepping wat mense nou kan hekel, is dit lank al nie meer outydse tydverdryf nie. Vriende loer nuuskierig na my hekelwerk skeppings en baie stel belang om self na die hekel pen te gryp. Om iets te kan skep is so terapeties en ek voel baie meer mense kan gerus van die gratis terapie gebruik maak. Die lekkerte terwyl jy besig is met 'n projek en die satisfaksie om die voltooide produk agterna te bewonder, kan jy nie oor vertel nie.

So as jy nou kook, bak, brei of tuinmaak, dit maak nie saak nie solank jy net jouself geniet

Laat Middag Tee (HIgh Tea)

"High tea" is besondere en spesiale geleentheid vir menige vroue wat hou van die fyner dinge in die lewe. Mount Nelson is bekend wereld wyd vir hulle besondere "high tea", maar my tuin is my ander gunsteling plek vir hierdie laat middag kuier.

Die beste tyd is in die lente en somer om in my tuin 'n sprokies mooi tafel te dek onder 'n koelte boom.
Ek versier my tafel met blomme, kruie en varings uit my tuin en hang van my tee koppies en teepotte in die boom.

My bak vernuf word beproef in die kombuis en ek maak gewoonlik my ouma se gunsteling sjokolade koek en melktert resep. Ek is nie braaf genoeg om self die koeksisters te maak nie en ek koop dit by 'n bobaas bakker. Die delikate toebroodjies is natuurlik 'n moet en 'n gunsteling by die wat nie 'n soet tand het nie.

My gunsteling is om my tafel te dek, lap servette te vou en al die vars knipsels uit my tuin as dekor te gebruik saam met my breekgoed.

Vriende trek aan vir die geleentheid en ons sal soms net vir die lekkerte die pinkies lig. Ons lag en gesels en ek wens ons soms ek kan die lekkerte so bietjie rek.

My Ouma aan my Ma se kant

Ek dink met heimwee vandag terug aan my ouma (dis die een aan my ma se kant) en hoeveel sy vir my beteken het. Kosbare kleintyd-herinneringe van hoe 'n groot invloed sy op my lewe gehad het, is nog vlak in my geheue. Van die vele dinge wat ons saam gedoen en ervaar het, was skulpdiertjies maak, hekel, naaldwerk, koekies bak, moer koffie drink en Humbugs lekkers eet, is van die dinge wat eerste in my gedagtes kom. Haar spieeltafel kan ek nog presies onthou met die hekel lappies, die bottel 4711, die potjie snuif, koekie Vinolia-seep en die juwelierskissie. Op haar bed was haar pop met die oe wat oop en toe kon maak en wat ons nie aan mag raak nie.

My ouma was lief vir die kos potte. Waneer sy nie self gekook het nie, was sy lief om haar opinie vrylik uit te spreek oor my ma se kos. Afval en bron was van haar gunsteling geregte. Ek het erg gegril daarvoor, en vir haar viskoppe met die oe wat nog vir jou loer. Dan is daar nog tong, wat uit 'n bees se mond kom. Noem my maar snobisties, maar oor kos kon ek nie met haar ooreenkom nie. Dan was ek ook bang, dat haar snuif dalk ook in die kos beland, aangesien die blikke snuif altyd naby was.

My ouma was 'n diep mens en het geglo boeke verwoord emosies waarvoor jy nie self woorde het nie. Ek glo dis die rede waarom ek altyd lees waneer ek hartseer of emosioneel is. Haar uitsondelike gesegdes gebruik ek nog vandag en ek dink ek van haar kreatiewe talente het ek geerf.