Friday, September 14, 2012

Ervaar ontbyt in die buitelug


My ouma was al op om ontbyt te maak nog voor die bure se hoenders langs aan gekraai het. Dit is nou defnitief nie my styl nie, veral nie oor naweke nie. Na ek lekker ingeslaap het vat ons die pad na waar hulle lekker plaas ontbyt bedien. Dis my nou nie elke naweeek beskore nie en dan pak ek maar self die taak aan. Een ding is verseker, oor die naweek eet ons lekker ontbyt. Kyk, met alle respek vir dr Johan Kellogg en broer Will se volgraanvlokkies, waneer mens regtig honger is, is daar niks soos 'n plaas ontbyt nie. Die reuk van moer koffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en wors wat braai kan mens se maag so laat grom dat die buurman dit hoor. Gebakte brood en
sonrooi perske konfyt is natuurlik 'n erg bederf uit die boonste rakke.

My man Jens is die spesialis as dit by kamp ontbyt kom. Dan sit ek terug en hy berei die heerlikste liplekker ontbyt voor. Ek maak net seker ek pak my ou koffie kannetjie en lapsakkie wat daar by pas. Moer koffie en 'n stewige ontbyt in die buitelug is soos om 'n klein stukkie hemel te ervaar hier op aarde.

Mampoer

Mampoer

Nou mag jy my dalk vra, wat het die mampoer nou eintlik met kos te doen. Kyk hier, dis mos nou 'n lang proses en terwyl die mampoer prut, moet daar gekook word.

Kultuur is goed soos boeremusiek, koeksisters, kerkbasaar, mrs. Ball se blatjang en mampoer stook en dit is kulturele lekkertes wat vir die nageslag behoue moet bly

Daar is natuurlik 'n paar manne in my familie geskiedenis wat maar net nie mampoer eenkant kon los nie. My oorle oupa se broer se mampoer resep is ongelukkig saam met hom graf toe. In die ou dae moes jy stilletjies-gestoofde mampoer drink. Vandag kan jy vir eie gebruik dit sonder 'n lisensie doen. Jy moet net 'n jaarlikse fooi van R1 per jaar betaal vir jou ketel.

Daar is min dinge wat die skop van dáái mampoer kan gee, maar alles is nie verlore nie. Daar is darem resepte op "ons moderne internet" beskikbaar.

'n Paar feite oor mampoer:
*Dit word deur die Duitsers "Schnapps" genoem
* Die Amerikaners noem die "Moonshine"
* die Switsers noem dit "Kirsch"

Hier volg 'n mampoer resep in 2010 in die Burger gepubliseer is. Dit is presies gekopieer soos in die Burger se artikel.

Die gilde glo daaraan om mampoer slegs een keer te stook, maar Leon verkies om dit twee keer deur die proses te laat gaan. Hy vertel dat hoewel die alkoholvlak hoër is as dit twee keer gestook word, is die alkohol suiwerder.

En ek stem volkome saam, want hoekom wil mens ’n sopie mampoer neem as dit laag in alkohol is?

So begin ek, Leon en Gert Griessel een Saterdagoggend te stook. Die sap word in Leon se antieke ketel gegooi, wat hy letterlik van ’n ashoop af gered het.

Die gasbrander word aangesteek, en vir die eerste stook word die temperatuur tot op 95?°C gebring. Eers kom die voorloop uit, wat allerhande onsuiwerheid bevat, maar as die vloeistof sulke helder pêreltjies begin vorm met die uitloop, dan is dit die ware Jakob.

Hierna word die eerste stook teruggegooi in die ketel en die hitte word na 78?°C afgebring. En so vind die tweede stook plaas.

Vir diegene wat nie weet hoe die alkohol vorm nie: Dit eintlik so ’n merkwaardige eenvoudige proses. Met die verhitting van die gegiste vrugte-vloeistof verander die suiker in alkohol, in die vorm van stoom.

Dit styg op na die koepel van die ketel, kondenseer en loop dan by die tuit van die ketel af, deur nog ’n pyp wat verkoel is, en onder loop die finale produk uit.

Maar, waarsku Leon, dit is uiters noodsaaklik om die temperatuur dop te hou. As hy te hoog kook, dan vorm metanol, wat nie baie goed vir ’n mens is nie.

In die ou dae het mense glo sommer blind geword van mampoer drink met te hoë vlakke hiervan.

Makietie en ribbetjie wat sing oor die kole

Toe tante Kittie nou die dag 80 word gee haar seun vir haar 'n lekker boere opskop in die skuur van sy plaas. Daar was behoorlik gekuier en dis was nou 'n makietie wat nog lank onthou sal word.

Al die vrinne en familie was genooi.
Ribbetjies het op die kole gesing en brode wat mense se monde laat water was warm bedien. 'n Boeremusiek orkes was daar om almal plesierig te hou. Oom Koot op die trekklavier en ou Pieta wat die kitaar se snare slaan was die gewildste van die orkes lede. Mense, toe oom Koot wegtrek met 'n vastrap op sy konsertina moes almal vastrap om staande te bly. Party manne het selfs 'n bietjie skeef getrap van die mampoer wat so vrylik gevloei het.

Ou Jaap van die plaas langs aan het 'n goeie aanhang gehad met sy stories. Meeste van dit skinderstories van ander se privaat aangeleenthede. Baie van sy stories liegstories as jy my vra of half ware stories wat lang draaie en kinkels by kry. Nietemin, hy het 'n aanhang gehad. Tante Kittie wat ook geluister het val toe vir ou Jaap in die rede en se: Jaap, jy lieg nou so lekker, daai bek moet jam kry.

Die aand was so gesellig. Ons het baie lekker geeeet, gedans en gekuier. Van ons het nou wel ons ore uitgeleen vir ene Oom Jaap se stories, maar 'n sukselvolle 8o ste verjaardag was dit verseker.

Tannie Kittie se seun het afgekondig dat op sy ma 85 ste maak ons weer so. Tot dan...... groete.

---------------------------------------------------------

So van ribbetjies gepraat, ons vriend Kurt (ook genoem Koert) reken die ribbetjies het 'n minimum braai tyd van 6 ure nodig vir perfeksie. Dit klink darem vir my na 'n wolhaar storie, en dink net die manne het net voldoende tyd nodig vir die keel ordentlik nat maak.